Sny 'n plaatkoek in blokke. Een vir elke gas.
Besprinkel elke stukkie koek met brandewyn of rum. Skep nou 'n bol roomys bo-op elke stuk koek. Die roomys moet amper so groot soos die koek wees, maar moet nie oor die kant hang nie. Plaas in die vrieskas tot benodig.
Klits 4 eierwitte teen kamertemperatuur in 'n skoon bak tot dit stywe punte vorm. Voeg 250 ml strooisuiker bietjie vir bietjie by. Klits tot die mengsel dik is. Voorverhit die oond net voor jy die gebakte Alaska wil bedien, teen 250°C vir ten minste 10 minute.
Skep die meringue oor elke stukkie koek met roomys. Smeer dit heeltemal toe. Daar mag nie enige roomys of koek uitsteek nie.
Plaas dit nou in die oond en hou jou oog daarop. Dit is reg wanneer die meringue begin verbruin. Dit kan so 8 tot 10 minute neem.
Sit dadelik voor.

(foto Stef Yau)
No comments :
Post a Comment