Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2008

Gebakte pasta met vier kase

250 g skulppasta
40 ml pesto
250 ml gladde maaskaas
100 g gorgonzola, gekrummel
250 ml gerasperde cheddar
250 ml gerasperde mozzarella

Kook die pasta volgens aanwysings, dreineer en hou eenkant.
Maak 'n witsous en roer die pesto daarby aan die einde.
Meng meng die pasta, maaskaas, gorgonzola, cheddar en 125ml van die mozzarella saam.
Gooi 'n bietjie van die Béchamel-sous op die bodem van 'n oondbak en pak dan lae pasta-mengesel en witsous.
Sprinkel die res van die mozarella bo-op en bak teen 180°C vir 30 minute.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment