Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/16/2008

Gebakte tamatie / Baked Tomatoes

Hierdie gebakte tamaties is 'n wenner om omelette mee te vul. Vir my man moet ek gewoonlik 10 tamaties bak.

5-6 tamaties, in dik skywe gesny
5 lepels meel in 'n bakkie
1 geklitste eier
margarien (Die resep gebruik baie margarien.)

Sout en peper die tamatieskywe na smaak. Smelt botter in 'n pan op die stoof, so op nommer 3.
Met 'n vurk doop jy 'n tamatieskyf in die eier en dan weerskante in die meel. Plaas in die pan en braai aan albei kante tot ligbruin. Maak so met al die skywe. Sorg dat jou pan nie droog word nie en sit gereeld botter in.

Helena van Schalkwyk

No comments :

Post a Comment