Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/16/2008

Bagna Cauda

Die sous is 'n spesialiteit van 'n streek in Italië, Piemonte. Dit word warm bedien vir 'n aptytwekker saam met rou groente wat daarin gedoop word. Die naam is afgelei van bagno caldo, Italiaans vir warm bad.

Jy het 'n groot kastrol water nodig waarin jou kleiner souspan sal pas. Kook water in die kastrol.
In 'n souspan verhit jy 100 ml olyfolie saam met 80 g botter sonder om dit te verbruin.
Plaas die souspan in die kastrol met water en plaas 2 opgekapte knoffelhuisies in die sous.
Voeg 100 g opgekapte ansjovis by en druk fyn met 'n houtlepel. Wanneer jou sous mooi glad is is dit reg. Voeg een wit truffel by wat jy baie fyn opgesny het wanneer jy dit bedien.


No comments :

Post a Comment