Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/11/2008

Gemaalde vleis- en lensiesop / Meat and lentil soup

Ek wil graag die sop aan u voorstel met so bietjie van 'n ander smaak.
Ek is nie 'n kok of iets in daai lyn nie maar dit smaak regtig voorentoe.

2 eetlepels botter
1 aartappel, geskil en gerasper
2 uie, gerasper
1 klein pakkie maalvleis
1 pakkie lensies, afgespoel (verkieslik rooi lensies)
knoffelvlokkies
sout en growwe swartpeper
1 suurlemoen
1 teelepel origanum
1 teelepel asyn

Gooi die botter in 'n soppot en verhit. Voeg nou die gerasperde uie en aartappels by die botter. Moenie bruin braai nie maar net sodat die uie en aartappels lekker sag is.
Voeg nou jou maalvleis by. Gooi een eetlepel knoffelvlokkies by.
Voeg sout en growwe swartpeper by vir meer smaak.
Sny 'n suurlemoen in die helfde en druk die sap uit in 'n koppie. Voeg 'n teelepel origanum en 'n teelepel asyn by die suurlemoensap. Meng tot die origanum sag is en gooi dan die mengsel ook in die pot.
Voeg 2 tot 3 koppies water by en roer stadig tot als lekker deurmekaar is en kook vir 1 en 'n half uur lank. Onthou om die sop dop te hou om nie droog te kook nie. Voeg water by as dit te dik is en onthou as jy meer water byvoeg sal jy later 'n bietjie sout mag nodig kry.

Ek hoop die resep kan gebruik word. Die origanum en die ander geurmiddels gee 'n spesiale smaak aan die sop.

bydrae: CR

No comments :

Post a Comment