Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/25/2008

Griekse eetgewoontes

In die nuwe testamentiese tyd het die Grieke lekker geleef. By hulle was daar nie die wettiese beperkings op hulle eetgewoontes nie. Die Grieke was relatief ligte eters en dit was vir hulle nie ´n voorkeur om vleis by ´n slaghuis te kry nie.

So nou en dan het hulle op feesdae skape of varke geoffer maar die is na die offer geëet. Die hoofmaal vir die Grieke was die aandete gewees. Gewoonlik is vriende uitgenooi om hulle maaltye saam met hulle te kom geniet. Vrouens, altans die dames, het nooit hulle maaltye saam met die mans genuttig nie. Nou wonder ek of dit hier waar die Engelse spreuk van "Barefoot and Pregnant in the Kitchen" vandaan kom.

Die Grieke se voorkeur in kos was ´n tipe wors. Saam met dit het hulle gewoonlik eiers, vis en kaas geniet. So nou en dan het hulle ook haas of duif geëet. Aangesien die Grieke van sterk geure gehou het, het hulle van hulle vis gesout en gedroog gehou. Hulle het natuurlik baie van knoffel gehou en hulle kosse is voorberei is groot hoeveelhede olyfolie en botter. Soveel so dat die kos in die borde gedryf het in die olie.

Vir spesiale geleenthede is ´n omelet berei wat bestaan het uit meel, eiers, kaas en heuning. Hierdie omelet is gekook in ´n sterk gegeurde sous, en dit is opgedien in ´n vyeblaar.

In daardie tyd het die mense geëet met hulle hande en brood is gebruik as lepels om die sous mee te verorber. Sodra die ete klaar is het slawe die vloere uitgevee en die tafels uitgedra. Hulle het oomblikke later weer teruggekom met die tafels wat gekreun het onder die nageregte. Nageregte het bestaan uit neute, olywe, vye en koeke.

Na die nageregte het die wyn te voorskyn gekom. Daar is ´n meester van die fees gekies en dit was sy werk gewees om te besluit hoeveel water by die wyn gevoeg moes word. Gewoonlik is die dit in die verhouding gewees van twee dele wyn met een deel water. Indien hulle my gekies het sou dit ´n ander prentjie gewees het. Die slawe het die wyn dan gemeng in groot erde houers. Die drinksessies het tot laat in die nag aangehou. Dit het gelei tot groot debatte wat gevoer is. Nog ´n groot tydverdryf was om mekaar raaisels te vra.

So is seker menigte aande deurgebring. In ons tyd debatteer ons nie na ´n glas of twee nie en nog minder vra ons raaisels. Hier noem ons dit sommer net twak praat om ´n braaivleisvuur. Indien ek so sit en kyk na wat 2000 jaar gelede gebeur het wil ek nie sien wat skryf die geskiedskrywers oor ons na 2000 jaar nie.

deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment