Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/05/2008

Mayonnaise

Met die maak van mayonnaise is dit belangrik dat al die bestandele dieselfde temperatuur is wannneer jy begin. Laat al die bestandele vooraf vir ten minste 'n halfuur teen kamertemperatuur staan.

Plaas een eiergeel in 'n mengbak met 'n knippie sout en 'n knippie witpeper. Klits met 'n draad handklitser (whisk).
Klits terwyl jy die olie druppel vir druppel byvoeg. Soos die mengsel verdik kan jy die olie 'n straaltjie maak. Gebruik 'n koppie olie per eiergeel of twee.
Geur met asyn.

Jy kan een teelepel mosterd byvoeg voor jy die olie begin byvoeg.




(foto Stacy Spensley)

2 comments :

  1. Anonymous5/7/08 12:49

    Ek is opsoek na 'n mayo substituut vir pasteie. Gewone mayo se olie kook uit in die bakproses, en trek in die deeg in. As iemand hulp het sal ek dit waardeer!

    ReplyDelete
  2. Anonymous5/7/08 12:59

    Probeer vetvrye mayo.

    ReplyDelete