Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2008

Mojito

Was 'n paar dae in Kuba. In die son rondgelê en my tong so veel as moontlik in vreemde, donker mans se monde gedruk. En natuurlik mojito's (uitgespreek mohietos) gedrink. Is een oggend met ontbyt in Havana geleer hoe om 'n mojito te maak. Gaan eendag weer terug!

Plaas vier kruisementblare in 'n lang glas en drup die sap van een lemmetjie daaroor. Gooi een teelepel suiker by (ek verkies myne bruin) en druk die storie met die agterkant van 'n houtlepel tot die suiker fyn is en die geure vermeng het. Gooi wit rum by in dieselfde hoeveelheid as die lemmetjiesap. Maak jou glas vol met fyngemaakte ys en roer die spulletjie met die houtlepel tot alles goed gemeng is. Versier met 'n kruisementtakkie.

Suig nou stadig aan jou drankie, terwyl jy wellustig onderdeur jou lang, vals wimpers loer vir al wat 'n vreemdeling is. Moet nie vergeet om die mambo te leer wanneer jy daar is nie.

bydrae: Wille 'roekelose' Willemien

No comments :

Post a Comment