Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/16/2008

Pampoentert / Pumpkin Pie

Hierdie is 'n resep vir korslose pampoentert met room.

2 eiers
1 k room
250 ml suiker
5 ml sout
250 ml melk
115 g gesmelte botter
250 ml meel
10 ml bakpoeier
750 ml gaar pampoen

Klits die eiers en voeg room by.
Klits suiker, sout en melk by en meng goed.
Roer gesmelte botter by. Meng meel en bakpoeier en voeg by die mengsel. Voeg dan pampoen by en meng dit goed deur. Gooi in gesmeerde bak en bak vir 1 uur op 180ºC.

Lewer 6 porsies pampoentert.

Die tert kan maklik gevries word.


bydrae: Marlene Mouton

6 comments :

  1. Fantastiese resep! Eerste keer wat ek dit gemaak het was dit 'n reusesukses. Maak vanaand dit vir die 3de keer. Guaranteed a success!!! Taste like pudding. Adelene

    ReplyDelete
  2. Hi I just notice that the recipe says 6 portions. Its double that! I filled a large pyrex with it. I use an electrical mixer and first make my eggs nice and fluffy before I add the rest. Maybe why its more. Then I add some cinnamon sugar on top.

    ReplyDelete
  3. Ek sien nou net die resep se 6 porsies. Ek kry maklik 12 ordentlike blokkies uit! Gebruik 'n groot plat pyrex bak. Ek wonder of dit nie is omdat ek eers my eiers klits nie. Dan is dit baie en romerig. Ek doen dit voor ek die room ingooi. En net voor ek dit in die oond sit strooi ek kaneelsuiker oor. Het laas bruinsuiker gebruik en dis net so lekker.

    ReplyDelete
  4. Is dit 250 ml of 250 gram meel. Ek het dit gemaak met 250 ml meel en hy bly pap, dit het nogsteeds heerlik gesmaak!

    ReplyDelete
  5. Die resep wat Marlene gestuur het lees 250 ml. Na aanleiding van Adelene se kommentaar lyk dit asof die tert so kan werk.

    ReplyDelete
  6. Ek maak dit nou vir die 3de keer. Absoluut fantasties. My man is versot. Baie dankie vir die resep. Seenwense.

    ReplyDelete