Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/10/2008

Patat chili / Sweet Potato Chilli

20 ml olyfolie
1 ui, in stukkies gesny
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
20 ml rissiepoeier
5 ml fyngemaalde komyn
'n knypie fyngemaalde kaneel
60 ml meel
1 koppie groenteaftreksel
3 patats, geskil en in blokkies gesny
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie rooi niertjiebone
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie en braai die uie, knoffel, rissiepoeier, komyn en kaneel vir vyf minute oor medium hitte tot die uie sag is.
Besprinkel die uiemengsel met die meel en kook vir een minuut, terwyl jy aanhoudend roer.
Voeg die groenteaftreksel by en roer tot dit glad is.
Voeg die patats en tamaties by en verhit tot dit kook.
Verminder die hitte, bedek en prut vir 25 minute.
Voeg die bone en soetrissie by en prut met die deksel af vir 10 minute. Maak seker jou patat is gaar.
Voeg sout en peper by na smaak.

bydrae: Nardus de Kock

(bedien 6 persone)

No comments :

Post a Comment