Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/30/2008

Rogbrood / Rye Bread

Hierdie resep is vir 'n 100% rogbrood.

1 kg rogmeel
20 g gis
800 ml louwarm water
20 g sout

Die gis moet in 'n klein bietjie van die water opgelos word.
Meng die sout en die meel en voeg dan die opgeloste gis en die res van die water by.
Knie vir 20 minute, bedek en laat in 'n lekker warm hoekie staan vir 2 ure.

Knie nou weer liggies en maak 'n ronde vorm. Laat weer staan, die keer vir 30 minute.

Druk die deeg plat, draai om en laat staan vir nog 'n 30 minute.

Verhit die oond tot 200ºC, plaas 'n bakkie water onder in die oond en bak die brood vir 25 minute lank.

Draai die hitte af tot by 180ºC en bak vir nog 10 minute.

Klop die rogbrood om te hoor of dit reg is. Dit moet 'n hol klank hê.
Laat dit afkoel op 'n draadrak.

Heerlik vuurwarm uit die oond met 'n skeppie kaviaar of 'n stuk gerookte Skotse salm.

1 comment :

  1. Anonymous4/8/08 07:52

    WIL GRAAG VERNEEM OF JULLE NIE 'N ROGBROOD RESEP HET WAT SONDER GIS GEBAK WORD NIE , DIE PICK EN PAY HIER IN ROODEPOORT HET VIR JARE SULKE ROGBROOD GEBAK , GENOEM SOUR ROG , VERNEEM GRAAG V U.
    J J JACOBS

    ReplyDelete