Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/30/2008

Roomspinasie / Creamed Spinach

1 pak / bossie spinasie, fyn gesny
1 ui, gekap
2 groot aartappels
1 koppie room
1 koppie gerasperde cheddarkaas
sout, peper, aromat

Kook spinasie en ui in 1 teelepel sout vir ongeveer 15 minute oor medium hitte. Gooi die aartappels in en kook verder tot sag. Druk aartappels fyn, gooi room en kaas in. Gooi 1 eetlepel aromat en peper na smaak in. Kook oor lae hitte verder vir ongeveer 5 minute. Kan as groente saam met ete gebruik word, of as warm slaai saam met braaivleis. Sampioene kan ook bygevoeg word.


bydrae: Tania Els

2 comments :

  1. Kan iemand vir my 'n waterblommetjie brede resep stuur en wanneer is die heerlikheid in Gauteng beskikbaar. Ek sien al dit in geblikte vorm op die rakke, maar ai die vars produk, bly maar net lekkerder.
    Groete Annalie

    ReplyDelete
  2. Anonymous8/6/10 15:06

    2 Resepte by http://www.kookkuns.com/2008/07/waterblommetjiebredie.html

    ReplyDelete