Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2008

Sitrus salm pasta / Citrus Salmon Pasta

500 g penne
20 ml olyfolie
600 g salmfilette
1 rooi rissie, fyn gekap
5 sprietuie, opgesny
200 g kersietamaties
1 avokado, in blokkies gesny
skil en sap van een lemmetjie
skil en sap van 'n halwe suurlemoen
40 ml vars koljander

Kook die pasta volgens aanwysings sodat dit saam met die res klaar is.
Braai die salm in 'n pan saam met die rissie tot dit net gaar is. Moet nie te lank braai nie, salm verloor geur indien dit te gaar is. Sny in blokke.
Meng die res van die bestanddele saam met die pasta.
Roer die gesnyde vis versigtig by sodat dit nie te veel opbreek nie.

Bedien met 'n groenslaai.

No comments :

Post a Comment