Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2008

Duitse koolslaai / German Coleslaw

1 middelgrote kopkool, in kwarte gesny en die harde middel (hart) uitgesny. (nie rooikool nie)
1 groot ui, in baie dun ringe gesny
1 koppie suiker
1 koppie olie
3/4 koppie bruin asyn - appelasyn is net so goed
1 teelepel mosterdpoeier
2 of 3 teelepels anyssaad
sout en peper na smaak

Snipper kool in papierdun skywe.
In groot mengbak pak laag uieringe, 'n laag gesnipperde kool en pak so laag na laag tot al die kool en uie in bak gepak is.
Strooi 'n koppie suiker bo-oor die kool en moenie roer nie.
Kook die res van die bestandele in 'n klein kastrolletjie en gooi die kokende vloeistof bo-oor die suiker en seël die bak met Gladwrap.
MOET ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE DIE KOOL ENS DEURMEKAAR ROER NIE.
Plaas bak in yskas en los oornag.

Voor bediening kan die kool dan goed deurgeroer word en indien verkies, kan die vloeistof afgegooi word. Heerlik veral saam met braaivleis!

Resep: Francois Vos

No comments :

Post a Comment