Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2008

Smaaklike krokodil / Tasty crocodile

Mense, die witvleis van 'n krokodil is baie lekker, maar sny tog die vet af, want dit kan bietjie stink. Jy moet dit ook nooit met margerien gaarmaak nie, want die kombinasie kan ook vreeslik onaangenaam wees vir party mense.

Maak vir jou 'n lekker marinade deur 70 ml olyfolie, die sap van 'n halwe suurlemoen en sout en varsgemaalde swartpeper te meng.
Kry 'n lekker 500 gram stuk krokodil steak, net genoeg vir een grootmens. Die stert is die lekkerste. Laat jou steak in die marinade lê vir 2 ure, 1 uur op elke sy.
Gooi dan die marinade af.

Klits 'n eier en hou 'n pakkie van die broodkrummels wat mens in die winkel kry byderhand. Doop die steak eers in die eier en dan in die broodkrummels.

Hou die spulletjie nou eers in die yskas vir 1 uur.

Braai dit dan in baie warm olie tot dit goudbruin is.

Nou trek jy vir jou 'n lekker bottel chenin blanc nader voor jy inlê.

Jy moet natuurlik nou eers daai krokodil loop vang.

bydrae: Os

No comments :

Post a Comment