Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2008

Krap en garnaal slaai / Crab and shrimp salad

1 groot advokadopeer
1/2 ui
1 koppie Miracle whip
1 pakkie voorafgekookte garnale
1 pakkie crab sticks

Kook die garnale en dreineer.
Week die crab sticks in kookwater vir 'n paar minute - dit maak dat hulle nie so taai is nie.
Druk avo fyn en meng met mayonnaise en gerasperde ui.
Geur met sout, peper, suurlemoen en 'n druppeltjie of twee Tobasco.
Haal die plastiek af van die crab sticks en sny elkeen in so 3 stukkies en pak in slaaibak saam met die garnale.
Gooi die avo-mengsel bo-oor en garneer met 'n skyf suurlemoen en pietersielie.

Hierdie seekosslaai is 'n wenner, dit kan selfs as 'n voorgereg gebruik word.

bydrae: Charmaine Naude

Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a Comment