Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2008

Tuna-en-bruinrys-risotto / Tuna and Brown Rice

200 g bruinrys
1 ui, opgesny
2 stele seldery
1 groen soetrissie, saad verwyder en in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, saad verwyder en in blokkies gesny
olyfolie
12 swart olywe
2 tamaties, die skil verwyder en dan opgesny
1 blikkie ertjies
40 ml pietersielie, fyn opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper
paprika
1 blikkie tuna

Kook die rys volgens die aanwysings op die pakkie.
Braai die uie, seldery en soetrissies in olyfolie tot sag.
Voeg die rys by en meng goed.
Voeg die tamaties, olywe en ertjies by.
Braai tot alles verhit is.
Voeg die pietersielie en bietjie paprika by en dan sout en peper na smaak.
Die tuna kom laaste by en dan wag jy tot alles lekker warm is voor jy dit opdien.

Bedien met 'n groenslaai.

No comments :

Post a Comment