Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2008

Tuna aartappelgereg / Tuna and Potato Bake

Pakkie Royco (60g) dik groentesoppoeier
250 ml water
25 g (30 ml) margarien
30 ml koekmeelblom
250 ml melk
2 blikkies (200 g) tunavis gedreineer en gevlok
800 g (800m l) kapokaartappels

Smeer 'n oondvaste bak met 'n volume van 1.5 liter.
Maak die soppoeier met water aan en prut vir minuut of twee.
Maak witsous van die 2 eetlepels margarien ,2 eetlepels koekmeelblom en melk.
Roer die witsous by die sopmengsel.
Voeg die tuna by en meng.
Skep die helfte van die kapokaartappels in die bak.
Skep die vismengsel bo-op.
Bedek dit met die res van die kapokaartappels.
Rooster dit in die oond totdat die aartappellaag begin verkleur.

(lewer 6 porsies)

bydrae: Wouter Steyn

No comments :

Post a Comment