Vindaloo is heel waarskynlik 'n samevoeging van die Portugees vir wyn (vinho) en knoffel (alho). Die Portugese het die gepekelde varke wat hulle aan boord van die skepe gehad het in rooiwyn en baie knoffel gekook. In Indië het hulle nog speserye raakgeloop wat hulle mettertyd ook in die pot gegooi het.
'n Klassieke vindaloo behoort dus met vark gemaak te word. Die hoeveelhede sal jy maar self moet bepaal en moenie bang wees vir 'n fout maak nie. 'n Vindaloo is ook gewoonlik BAIE sterk.
Jy stamp die volgende speserye saam fyn:
Gemmer, knoffel, rissie, borrie, kardemom, naeltjies, peperkorrels, kaneel, koljandersaad en komyn.
Sny jou varkvleis in blokkies. Meng met jou speserye, plaas in 'n bak en gooi genoeg rooiwyn by om die vleis te bedek. Strooi kerrieblare oor. Hou oornag in die yskas.

Laat alles prut tot die vleis sag is (so 1 uur lank). Indien jou rooiwyn te veel wegkook kan jy bietjie water byvoeg.
Bedien met basmati.
No comments :
Post a Comment