Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/24/2008

Waterblommetjiebredie

1 bossie waterblommetjies, gewas en die stamme verwyder
50 g botter
700 g skaapvleis, in blokkies gesny
2 uie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
1 groen rissie, die saad verwyder en fyn opgesny
15 ml suurlemoensap
knypie neutmuskaat
200 ml witwyn
sout en varsgemaalde swartpeper

Week die waterblommetjies oornag in koue water saam met 'n eetlepel sout.
Verhit die botter en verbruin die vleis.
Voeg die uie, knoffel en rissie by en braai tot sag.
Gooi die waterblommetjies se water af en voeg dit saam met die suurlemoensap by die vleis. Gooi die wyn by en laat vir 2 ure sag prut. Kyk gereeld of dit nie droogkook nie, indien wel gooi jy nog wyn by. Moet ook nie die bredie roer nie, skud eerder die pot.
Geur met sout en peper.

(bedien 4)

Resep 2

1,8 kg skaapvleis, in stukke gesny
50 ml olie
50 ml botter
4 groot uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
250 ml vleisaftreksel
250 ml witwyn
8 klein aartappels
10 ml sout
vars gemaalde swartpeper
500 g waterblommetjies
soutwater
25 ml suurlemoensap

Verbruin vleis aan alle kante in verhitte olie en botter. Voeg uie en knoffel by en soteer vir verdere 3 minute. Voeg aftreksel en wyn by. Verhit tot kookpunt. Verminder hitte en prut 90 minute. Voeg aartappels, sout en peper by. Voeg waterblommetjies, wat vooraf in soutwater geweek en skoon gewas is by. Prut nog 30 minute. Voeg suurlemoensap by net voor opdiening. Sit warm voor.


No comments :

Post a Comment