Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/07/2008

Dekantering en pers tande


Kris-Jan Alleman

(Jammer vir die anglisisme, maar Afrikaans is nog nie soepel genoeg vir die begrip nie. Waarskynlik omdat onse nasie gepapsak het wyl die wêreld ge-decant het.) In elk geval, as die sediment in die ongefiltreerde reeks die leser nie geval nie, probeer gerus hierdie oorskinkmetode om die sediment te laat afsak.

Dit kan ook gebruik word om die jong rooiwyne, waarvan daar deesdae alteveel op die winkelrakke is, se hoeke bietjie ronder te maak. Indien ´n wyn pers skuim wanner dit geskink word is dit gewis ´n kleuter. Voordat die kleuter in volwasse geselskap toegelaat word stel ek dekantering voor vir ten miste ´n uur in ´n kraffie met ´n platterige bolpens. Hoe langer hoe beter. Die resultaat is gewoonlik die wag die moeite werd.

´n Jong wyn se PH-balans kan ook op die manier balanseer en ook sodoende die kans verminder dat ´n wyndrinker se tande pers sal raak. Pers tande is die gevolg van ´n wyn wat te alkalies is.

No comments :

Post a Comment