Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/07/2008

Gekookte pere in kaneelsous / Cooked Pears with Cinnamon Sauce

4 klein stewige pere
1 koppie droë rooiwyn
1 koppie water
½ koppie strooisuiker plus nog 1 eetlepel apart
1 kaneelstokkie
2 teelepels water
1 teelepel mielieblom

Skil pere. Sny onder gelyk sodat dit regop kan staan. Meng wyn, een koppie water, suiker en kaneelstokkie en sit in groot mikrobak. Kook vir drie minute tot suiker gesmelt het - onbedek op hoog 100%. Roer tot al die suiker gesmelt het. Sit pere regop in sous en bedek. Kook bedek vir vyf minute. Laat staan vir een minuut en kook weer vir vyf minute. Sit in yskas en draai pere nou en dan om sodat dit met sous bedek word - ± 3 ure. Haal pere uit sous en sit sous in plastiekbakkie. Meng in ekstra water, mielieblom en suiker Kook onbedek vir drie minute op hoog.

Kaneelroom

300 ml dik room
1 eetlepel strooisuiker
1 teelepel fyn kaneel
Meng alles saam en klop tot stewig. Gooi gekookte sous oor pere en bedien saam met roommengsel.

resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment