Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
8/07/2008
Frikkadelle / Meatballs
1 kg maalvleis
10 ml fyn koljander - kan ook heel koljander braai en fyn kap
10 ml marjolein
1 knippie neutmuskaat
10 ml sout
peper na smaak
60 g sagte broodkrummels
125 ml water of melk
25 ml asyn of suurlemoensap
1 fyn gerasperde ui
Opsioneel, knoffeltoontjie gekneus / gerasperde wortel / fyngesnyde soetrissie / 1 teelepel kerriepoeier
Meng al die bestanddele en rol in meelblom. Braai albei kante bruin in olie. Roer een koppie water by en laat kook tot gaar ± 15 minute.
Kan ook in mikrogolf gaargemaak word.
of Maak jou gunsteling sous en gooi oor.
of Sit gesnyde spek by om uitdroging te voorkom.
of Draai rou frikkadelle in geblansjeerde druiwe / koolblare toe en kook.
bydrae: Petro van der Westhuizen
(foto Kenneth Jorgensen)
Sleutelwoorde:
Vleis
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment