Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/05/2008

Gepekelde beestong / Pickled Beef Tongue

Sommige mense trek hulle neus op vir tong, maar probeer die resep en dan besluit jy weer.

Gebruik kookware van glas vir die resep.

1 beestong
3 koppies rooiwynasyn
2 knoffelhuisies, gekap
olyfolie
¼ koppie pietersielie, gekap
¾ teelepel basilie, gekap
1 takkie roosmaryn
peper
sout

Plaas die tong in 'n pan met net genoeg water om dit te bedek. Bring dit stadig tot kookpunt en kook vir 45 minute.

Meng bietjie olyfolie met die res van die bestanddele.

Wanneer die tong afgekoel is sny jy al die vet af. Maak fyn snytjies oor die hele tong en smeer die kruiemengsel oor. Bedek en plaas in die yskas vir 4 dae.

Verwyder dit uit die yskas omtrent 1 uur voor jy dit gaan bedien.


No comments :

Post a Comment