Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/19/2008

Glutenvrye beskuit resep / Gluten Free Rusks

Ek het onlangs die resep ontdek. Dit maak die lekkerste beskuit. Dis 'n uitstekende resep vir mense wat 'n glutenvrye dieet moet volg sowel as die wat alles kan eet. Vandat my vriendin die resep met my gedeel het kan ek nie byhou met die bak nie. Manlief, wat alles kan eet, kan net nie genoeg van die beskuit kry nie. Sover het almal wat 'n stukkie beskuit gehad het gevra vir die resep. 'n Mens kan nie die verskil tussen gewone beskuit en glutenvrye beskuit proe nie.

2 koppies bruin rysmeel
2¾ cup Freedom foods all purpose flour pre-mix gluten free of enige ander gluten free flour mix waarby guar gum gevoeg is
2 koppies klapper
2 koppies amandelmeel
1 koppie sesame saad
2½ koppies of 625 ml skaapjogurt
500 g sojamargarine
5 ml sout
4 eiers
4½ teelepel bakpoeier (gluten vry)
375 ml suiker

Klits die margarine en suiker. Voeg die eiers by een op 'n slag. Sif al die droë bestandele. Voeg jogurt by die eiermengsel en meng al die droë bestandele. Dit maak 'n redelike soliede deeg. Gebruik twee groot broodpanne wat gespuit is met cook and spray. Bak vir 55 min of tot goud bruin op 180. Haal uit die oond laat die beskuitbrode afkoel in die pan. Sny die brood en sny die broodsnye in vingers. Droog die beskuit vingers by 90 tot die beskuit hard en droog is. Laat die beskuit afkoel voor jy dit bêre in a Tupperware.

Dit maak sowat 40 stukkies beskuit.

resep bygedra deur: Grietjie



7 comments :

  1. Anonymous4/5/10 21:40

    Ag dankie Grietjie! Ek sien so uit om dit te maak - Kan nie onthou wanneer ek laas n beskuit geeet het nie!!!

    ReplyDelete
  2. Susan Myburgh8/12/11 12:16

    Waar in Suid Afrika kry mens tog die bestandele te koop, veral op die platteland? Ek sien al die lekker resepte maar weet nie waar om dit te kry nie.

    ReplyDelete
  3. Anonymous15/2/12 10:38

    Meeste van die resep se bestanddele behoort jy te kry by jou, behalwe dalk die rysmeel, amandelmeel en sesamesaad. Rysmeel en amandelmeel kan jy self maak deur die bruinrys en amandels in 'n versapper fyn te maak. Kyk vir 'n ander soort saad in jou omgewing om die sesamsaad te vervang.

    ReplyDelete
  4. Dit borrel vanoggend in my - ek kan vir my dogter beskuit bak!!! Sy is allergies vir suiwel- en mag geen wheat/gluten inneem nie. Waar kry 'n mens sojamargarine? Kan ek olyfolie in die plek daarvan gebruik? Ons woon op die platteland en ek moet haar produkte vanuit Kaapstad bestel. Die bestuurder van Oranjemund Spar is verskriklik behulpsaam en het al van die glutenvrye produkte aangekoop vir ons.

    ReplyDelete
  5. Susan Deetlefs25/7/12 10:33

    Goeie Môre!

    Ek het gister en vanoggend op die internet rondgesoek vir glutenvrye resepte. Een gekry vir glutenvry beskuit, ingestuur deur "Grietjie". Een bestanddeel is 'skaapjogurt' - 2½ koppie (625ml) Kan u asseblief vir my verduidelik wat skaapjogurt is?

    Ek het ook daar gesien van 'n resepteboek wat spesifiek handel oor voedselallergië. Ongelukkig het ek nie die naam afgeskryf nie, en konnie weer daardie spesifieke "site" kry nie. Weet u miskien watter boek dit is?

    Jammer ek nie vandag vir u 'n resep nie, maar sal dit nogtans waardeer as u my die inligting kan gee.

    Groete,

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous13/2/17 15:48

      Jy kan bokmelk joghurt gebruik en kan dit kry by Hazelwood Food Market op 'n Saterdagoggend. Dis in 13de Laan, Menlopark ater die Menlopark Hoërskool, Pretoria.

      Delete
  6. Anonymous5/11/14 16:30

    Ek is nie mal oor klapper nie - enige voorstelle waarmee ek dit kan vervang?

    ReplyDelete