Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/26/2008

Groente of vrugte

Hierdie vraag kan, net soos die hoender-of-eier-vraag, ´n mens lank besig hou. ´n Definisie van vrugte is die vleiserigge deel van ´n plant wat ontstaan uit ´n blom en pitte het. ´n Vrug is volgens die botaniste die sagte deel van die plant waarin die pit is. Groente daarteen kom van plante af met sagte stingels af.

Vrugte word in drie groepe verdeel naamlik vrugte met sade in soos bv. lemoene en waatlemoene. Dan kom die vrugte met pitte wat dadels insluit. En die laaste groep is natuurlik droë vrugte. Met hierdie definisies in die hand het botaniste begin om groente en vrugte te klassifiseer. Boontjies en ertjies word deur botaniste gesien as vrugte en nie groente, vir die eenvoudige rede dat boontjies en ertjies pitte het.

Komkommers en murgpampoentjies word ook beskou as vrugte. So van komkommers gepraat ek het ´n ruk gelede ´n komkommer geneem, botter in ´n pan gesmelt. Komkommer skywe daarin gebraai en suiker oorgegooi en dit opgedien. Heerlike warm en soet komkommer gereg. Die huismense het nie geweet wat hulle geëet het nie.

Die klassifikasie van groente en vrugte hang ook net af van die wêrelddeel en die eetgewoontes van daardie wêrelddeel. In die grootste deel van die wêreld word komkommers geag ´n groente te wees.

Soos in die diereryk is daar ook families in groente. So bv behoort kool, blomkool en radyse tot dieselfde familie. Die interessantste familie van groente is aartappels, groen en rooi pepers, eiervrug en tabak behoort aan dieselfde groente familie. Ek het maar altyd aan tabak gedink as ´n plant en nooit as ´n groente nie.

Volgens die botaniese definisie is die tamatie ´n vrug. Die vraag of ´n tamatie groente of vrugte is het al ´n draai gaan maak in die Amerikaanse Hooggeregshof. Hulle moes die besluit neem om te bepaal of daar handel gedryf kan word met tamaties. Hulle redenasie was dat aangesien tamaties gebruik word in die voorbereiding van kos dit ´n groente moet wees en nie ´n vrug nie.

Die tamatie is in 1554 die eerste keer haarfyn beskryf in Italië waar dit die pomi d'oro (appel van goud) genoem is. Die tamatie wat beskryf was, was ´n geel tamatie wat nie juis hier by ons baie bekend is nie.

Maak nie saak of dit of die tamatie groente of vrugte is nie, dit bly net lekker. Maak nie saak of iets groente en vrugte is nie, dit bly gesond en iets wat ons maar in ons diëte moet inwerk en verkieslik rou. Daar is net twee groentes wat ek mense sal aanraai om van weg te bly en dit is tabak en dagga.

Probeer maar gerus om die debat van groente of vrugte te voer in die familie. Dit kan ´n interessante debat oplewer.

- Frik Lombard

No comments :

Post a Comment