Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/26/2023

Kaaskoek / Cheesecake

500ml gewone jogurt
1 blik gewone kondensmelk
Tennis-beskuitjies
botter
grenadella mouse

Maak krummelkors met Tennis-beskuitjies en botter. Klits jogurt en kondensmelk saam. Bak in oond vir 30 minute op 160 grade of tot gestol.
Verkoel, en smeer granadella mouse bo-oor.

Resep: Madelein Esterhuyse

Resep 2

Bak en Brou

Ek het so 'n rukkie terug hierdie kaaskoekresep van 'n vriendin ontvang. Hy is te smaaklik vir woorde.

Kors:
3 eetlepels suiker
3 eetlepels bruinsuiker
½ teellepel neutmuskaat
3 eetlepels sagte botter
¾ koppie gemaalde okkerneute
¾ koppie koekmeelblom
1 teelepel bakpoeier

Vir die kaaskoek:
700 g sagte roomkaas
200g sagte wit kaas soos ricotta
1½ koppie suiker
6 groot eiers, wit en geel geskei
sap en skil van een groot suurlemoen
3 eetlepels koekmeelblom
1 koppie dik room
1 koppie sultanas, opsioneel
2 eetlepels versiersuiker

Verhit die oond tot 200ºC en smeer die 28 cm non-stick springform koekpannetjies. Verwyder die bodem van die pannetjie en voer met greaseproof papier uit en sit die bodem weer terug en gebruik die kante van die pannetjie om die papier in sy plek te hou. Maak die korsie eerste. Gebruik 'n blender en meng al die korsbestanddele saam tot dit 'n ferm deeg vorm. Rol die deeg uit en druk dit oor die bodem van die koekpannetjie. Bak vir 10 min teen 200ºC verwyder dan van die oond en laat dit afkoel. Terwyl die korsie bak, meng in die Kenwood die roomkaas, en die wit kaas en 1 koppie suiker vir 3 minute, tot die mengsel glad is. Voeg die eiergele by een op 'n slag, meng na elke een. Voeg die suurlemoensap en skil en die koekmeelblom by, meng tot alles ingemeng is. In 'n aparte bakkie, klop die eier witte saam met 'n elektriese klitser tot hulle skuimerig is voeg dan die res van die oorblywende (½ koppie) suiker by, strooi die suiker oor die eier witte terwyl hulle geklits word. Sodra al die suiker by gevoeg is stel die elektriese klitser op sy hoogste spoed en klits tot die eier witte duk is. In 'n aparte bakkie geklits die room saam tot dit sagte bergies vorm wees net versigtig dat die room nie so veel geklits word en dit botter word nie. Vou die geklitse room en eierwitte met die res van die kaaskoekmengsel in. Gooi nou kaaskoekmengsel in die af gekoelde koekpannetjie en strooi die sultans daaroor en roer versigtig die mengsel sodat n paar afsak in die koekmengsel. Bak vir 10 min op 200ºC, verlaag die hitte to 150ºC en bak vir nog 'n uur. Skakel die oond af en los die koek in die oond. Sodra die koek afgekoel is verwyder uit die oond en verkoel oor nag in die yskas. Haal die koek dan versigtig uit die pannetjie en verwyder die greaseproof papier baie versigtig onder die koek uit. Strooi die versiersuiker op die koek en bedien.

Resep 3

Vulsel:
750g gladde maaskaas
4 eiers
250 ml strooisuiker
7,5 ml vanielje
Bolaag: 500 ml suurroom
125 g strooisuiker
7,5 ml vanielje

Klop al die bestanddele vir die vulsel tot glad, giet in 'n voorbereide kors en bak vir een uur teen 180ºC.
Meng al die bestanddele vir die bolaag saam tot glad. Skep die bolaag oor die warm vulsel en bak vir 10 minute. Laat afkoel.





Kaaskoek resep

No comments :

Post a Comment