Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Kersete

Kersfees is daardie tyd van die jaar waar ons voorbereidings begin tref vir dié ete van die jaar. Die ete wat ek hier van praat is natuurlik ons Kersete. Ek het so gesit en dink waar kom al die tradisies en die baie eet vandaan. Daarom het ek gaan kyk waar kom Kersfees vandaan. Dit kan miskien snaaks om dit te se maar kyk net wat ek alles uitgevind het.

Met Kersfees vier ons die geboorte van Christus. Eeue gelede was die dag nooit gevier of herdenk nie. In die jaar 274 AD het die Romeinse Keiser Aurelian Desember 25 verklaar as Natalis Solis Invicti, wat nou vir ons gewone mense maar net beteken die fees van die geboorte van die onoorwinlike son. In die jaar 354 AD het ´n man genaamd Philocaluas ´n Christelike martelogie geskryf wat die geboorte van Jesus plaas op 25 Desember. Hy het ouer werke aangehaal om sy punt te bewys. Sedert die jaar 355 AD is daar bewyse dat die kerk van daardie tyd kersfees gevier het.

Ander bronne beweer dat Kersfees op 6 Januarie gevier is volgens die Julian-kalender. In 1734 toe daar oorgeskakel is na die Gregorian-kalender is daar finaal besluit op die 25ste Desember. Daar word beweer dat Pous Julius I die 25 ste Desember gekies het as Kersdag om ´n teenkanting te bied teen die Pagan's se fees Natalis Solis Invicti.

Santa Claus of te wel Kersvader gaan eintelik oor die lewe van Saint Nicholas. Hierdie man was ´n Roomse Biskop in die 4de eeu in Asië. Soos die storie gaan het Saint Nicholas eendag anoniem ´n sak goud deur ´n skoorsteen gegooi om ´n man se dogter te help om haar bruidskat aan te skaf. Hy het ook so die tweede dogter gehelp. Met die derde dogter word hy uitgevang. As erkenning van sy goedhartigheid het die mense begin om geskenke deur skoorstene te gooi.

In 1841 was Kersfees iets besonders in Engeland. Dit is toe Prins Albert, Koninging Victoria se man die eerste Kersboom na die Kasteel toe gebring het. Van daar af het die Amerikaners ook die gebruik oorgeneem. Die tradisie is oorgeneem na Amerika in 1842 deur Dr C F Minnegerode.

Met al die navorsing het ek nog nie op ´n rede afgekom waar kom die groot eet vandaan nie. Maar my mening is dat op die dag wat ons SY geboorte herdenk wil ons net naby aan ons geliefdes en families wees. Dit is die eendag wanneer ons die beplanning doen vir die ete ons nie spaarsamig is nie. Elke familie het sy eie manier wat hy op sy spyskaart sit vir daardie dag, maar wees verseker dit sal ´n spesiale spyskaart wees. By ons is dit die tonge, soutvleis en ham wat voorkeur kry. Daarby is daar nog ´n paar lekker slaaie, veral skoonma se rysslaai. Dan natuurlik so ietsie om te drink en vir na ete lekkers, doopsouse chips en allerhande peusel goed. Die middag is nie volmaak sonder die Kersfees koek wat al in Oktober bestel is nie.

deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment