Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/07/2008

Korslose quiche / Quiche without a Crust

150 g spinasie, skoongemaak en gewas
1½ koppie gerasperde kaas
3 medium uie, fyn gekap
50 g koekmeel
1 knoffeltoontjie, gekeus
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
1 koppie melk
½ koppie suurroom
4 eiers, geklits
2 medium tamaties, geskil en gesny in blokkies
8 olywe sonder pitte, in stukkies gesny
1 eetlepel parmesaan

Smeer glasbak, 1½ liter. Blanseer spinasie. Meng al die bestanddele en sprinkel kaas oor. Kook onbedek vir 20 minute. Laat rus-bedek- vir 15 minute in mikrogolf.

Met die resep kan jy baie verskillende qiuche maak. Neem ander groentes. Sit rissie by neem ½ van melk en meng met ½ koppie sherry. Meng oorskiet hoender in of spek ens.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment