Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/05/2008

Kos en liefde

Dit is regtig nie nodig om 'n blou pilletjie te sluk of 'n renoster in te hardloop as jy jou liefdeslewe wil opkikker hier rondom Moedersdag nie. Jou koskas se deur is eerder die pad om te volg indien jy die asem wil laat jaag. Hier is 'n paar voedselsoorte wat van hulp mag wees:


Avokado's kom eerste aan die beurt. Jy kan hier meer daaroor lees.

Aspersies se geheim lê dalk in die voorkoms
Enige bessie is glo goed.
Oesters word reeds lank geprys, maar sommige sê alle seekos help.
Die piesang deel dalk in die aspersie se geheim.
Wie gaan stry oor die eksotiese eienskappe van tropiese vrugte.
Knoffel ruik dalk nie te lekker nie, maar dit dien 'n ander goeie doel.
Rissies, uie en gemmer sorg dat die algemene voorkoms reg is. Asseblief net stadig met die rissies.
Kaviaar en aarbeie laat die bloed makliker vloei.
Daar is 'n rede hoekom sommige mense anys in beskuit sit.

Maar daar is geen plaasvervanger vir gesond eet nie. Dit hou alles altyd reg.






Help

Ek wil 'n lekker ete maak vir die man in my lewe wat nie so gereeld sien nie, hy bly in Ermelo en op kort kennisgewing het ek nou besluit om 'n lekker ete te maak wat kan ek maak? Nie heeltemal romanties nie! Ek het 'n bietjie hulp nodig ...
Sal hoog op prys gestel word, ek weet daar is baie kosse om van te kies, ek weet net nie wat om te maak nie.
- Xanthe Brits

Petro van der Westhuizen antwoord:
" Hou jou ete eenvoudig, dit is belangrik want die meeste mans hou nie van te veel fieterjasies nie. Begin met 'n voorgereg - belangrik maak seker hy is nie alergies vir skulpvis nie - Los calamarie uit want as jy nie dit kan gaarmaak nie kan dit taai wees. Gebruik vars produkte indien jy vis gebruik. Wit vis gebak in bietjie botter - gebruik vloeibare margarien. Dit is gaar as die vleis wit is en nie deurskynend nie. Sprinkel visspeserye oor en breek in klein stukkies. Bedien op fyn gesnyde blaarslaai. Versier met ± 5 afgedopte garnale wat om die rand van glas gesit word. 'n wynglas kan vir dit gebruik word. Sit vars koljanderblare bo-op. Witwyn kan bedien word. Wees altyd rustig as jy gasvrou speel!
Braai 'n rypgemaakte fillet - die beste om dit dik te sny en in bietjie olyfolie te bak. Ek gebruik my riffelpan en hou van rou vleis maar bak totdat jy daarmee tevrede is. Maak 'n piesang en eierslaai met mayonaise. Gooi Italiaanse blaarslaai oor. Dit lyk mooi. Bedien saam met ertjies en rys. Bedien rooiwyn indien julle daarvan hou.
Bedien desertwyn.
As jy nie gemaklik is om nagereg te maak nie gaan koop iets. Aangesien dit koud is bedien iets wat jy kan warm maak en doodeenvoudig met room bedien. By die resepte hier is heelwat baie maklike nageregresepte. Sluit af met 'n lekker koppie koffie wat in die sitkamer bedien word. Die tafel kan vir later gehou word, want ongelukkig gaan die skottelgoed nie wegloop nie. Hoop dit help."

No comments :

Post a Comment