Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/05/2008

Skaapkop / Smiley / Sheep's head

So maak ek myne:
1 skoon kop, middeldeur gekap

Maak die kop goed skoon van binne.
Neem 'n fyngekapte knoffelhuisie en meng dit met olyfolie en sout en peper na smaak. Smeer bokant van kop met die mengsel en bedruip aan die binnekant.
Draai die kop in foelie toe en sit in 'n matige oond vir ± 1 uur.

Haal dit nou uit die foelie en laat dit bruin bak.
Maak 'n sous van die pansappe.

'n Kop het soveel geur dat ek nooit te veel met kruie wil sukkel nie.

Geniet dit.


bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment