Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/06/2008

Tagliatelle met damaspesto / Tagliatelle with Rocket Pesto

100 g damasblomme (roket)
50 g basiliekruid
1 knoffeltoontjie
150 g sampioene, dun gesny
350 g tagliatelle
50 g dennepitte
50 g parmesaan, gerasper
125 ml olyfolie
sout
varsgemaalde swartpeper
15 ml suurlemoensap

Verwerk die damasblomme, basilie, knoffel, dennepitte, parmesaan en 100 ml olyfolie in 'n voedselverwerker. Geur met sout en peper.
Sauté die sampioene in die res van die olyfolie oor hoë hitte en geur met sout en peper en die suurlemoensap.
Kook die pasta volgens aanwysings en meng met die pesto.
Meng met die sampioene en bedien met parmesaan-skaafsels.

No comments :

Post a Comment