Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/15/2008

Bhaji Masoor ni Dhal

Hierdie is 'n Indiese gereg wat gewild geraak het in Suid-Afrika.

(bedien 6)

400 g rooi lensies
750 ml water
1 ui, fyn opgesny
3 knoffelhuisies, in skyfies gesny
8 kerrieblare
2 rissies, in die lengte deurgesny
2 ml borrie
5 ml sout
100 g spinasie, in klein stukkies geskeur
45 ml sonneblomolie
5 ml mosterdsaad

Bring die water tot kookpunt in 'n pot en voeg die lensies, uie, knoffel, kerrieblare, rissies, borrie, sout, spinasie en 15 ml van die olie by. Plaas die deksel op en kook vir 15 minute.
Verhit die oorblywende olie in 'n pan en verbruin die mosterdsaad.
Gooi by die lensiemengsel, roer en laat prut vir 10 minute.

Bedien soos 'n sop saam met brood.

No comments :

Post a Comment