Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2008

Rooibos

Die rooibosplant groei net is Suid-Afrika en kom net in die winterreënvalstreke voor. Dit is maar ´n platterige bossie wat so ´n halwe meter tot meter groei. Die saad van die rooibos is baie skaars want elke bossie produseer net een saad. Sodra die saad op die grond val sleep die miere die saad na hulle neste toe.

Die saad word geoes en dan deur meganiese skuurders geskuur om die ontkiemings proses te verhoog. Indien die sade nie geskuur word nie ontkiem slegs sowat 30% van die sade. Wanneer dit geskuur word verhoog die persentasie tot sowat 90%.

Hoe het dit van bossie na die ketel gevorder ? In die begin 1900's het die plaaslike bevolking gesien dat die blare van die bossie ´n heerlike vars en verfrissende tee maak wanneer dit gekook word. Die bossies is afgekap en takke met hammers geslaan. Dit is dan so in hope gelos om te fermenteer. Sodra die fermentasie verby is, is die hope oopgekrap om droog te word.

´n Russiese immigrant, Benjamin Gingsberg, het in 1904 begin agterkom watter potensiaal lê daar in die bossies. Hy het begin koop van die bergies af en het dit begin bemark.

Wat Rooibos so uniek maak is dat dit geen kafeïne, kleurstowwe of preserveer middels bevat nie. Dit is ook die rede waarom dit so gewild is by gesondheidsbewuste mense. Rooibos kan in onbeperkte hoeveelhede geniet word aangesien dit 100% natuurlik is. Die minerale is Rooibos is ook in ´n mate verantwoordelik vir ´n gesonde vel, gesonde tande en bevorder ook die metabolisme.

Die mediese wetenskap begin nou eers van die kwaliteite van Rooibos ontdek. Rooibos word aanbeveel vir mense met senutoestande. Rooibos het ´n strelende effek op die sentrale senustelsel. Die navorsing gaan nog aan en daar behoort nog baie goeie en gesonde kwaliteite ontdek word.

Mense met spysverteringsprobleme, naarheid en sooibrand kan verligting kry deur Rooibos te drink. Rooibos het ´n natuurlike soet kilojoulevry versoeter wat dit ´n ideale drankie maak vir mense op ´n kilojoulebeperkte dieet. Wat Rooibos verder ook uniek maak is dat dit warm of koud gedrink kan word. Vir ´n heerlike verfrissende drankie meng koue Rooibos met vrugtesap. Plaas ´n paar blokkies ys daarin en geniet op ´n warm dag.

Soos die dames seker weet word Rooibos met sukses in skoonheidsmiddels ook gebruik. As jy allergies is vir seep gebruik dan net die Rooibosseep. So ook kan jy Rooibos gebruik vir omtrent enige iets.

Hierdie is ´n produk waarop ons op trots kan wees, ´n produk wat nie een tree terugstaan op die wêreld mark nie. ´n Produk wat ons met trots oorsee kan stuur.
- deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment