Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/18/2008

Braai-aartappels

Hierdie resep is in antwoord op 'n vraag van Michelle Janse van Rensburg.

Skrop aartappels skoon. Draai repie spek om aartappel en draai in foelie toe. Sit tussen kole.

resep ingestuur deur: Frik Lombard

Resep 2

3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
5 ml sout 1 ml peper 4 spekrepe, gekap
1 groot ui, grof gekap

Plaas al die bestanddele op 'n vierkantige blad foelie en vou toe; nie te styf nie, daar moet plek vir uitsetting wees. Plaas oor warm kole, VOOR die vleis opgesit word. Aartappels neem langer as vleis om gaar te word.

Resep 3

Skrop aartappels tot skoon en plaas in koue water met sout en kook tot gaar maar nie pap nie. Dreineer en laat afkoel. Sny in wiggies. Spuit met olyfsproei en sprinkel growwe sout oor. Braai tot bruin oor kole en bedien met verskillende mayonnaise.

No comments :

Post a Comment