Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/20/2008

Groente-atjar / Vegetable Atjar

50 ml sout
2 l water
1 blomkool, in blommetjies gebreek
4 wortels, geskil en in skyfies gesny
2 uie, grof gekap
4 brandrissies, ontpit en fyn gekap
2 knoffeltoontjies, fyngedruk
1 liter olie
80 ml atjar masala of gewone masala

Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin.
Week vir 24 uur en dreineer en druk droog. Verhit olie saam met rissies, knoffel en masala tot goed warm. Meng groente en oliemengsel en sit in gesteriliseerde bottels. Laat afkoel en verseël.

No comments :

Post a Comment