So maak mens jou braai beter as die buurman s'n:
- Beeshaas (Steak) Moet nie gevriesde steak ontdooi nie. Plaas dit net so op die vlamme en sout eers wanneer dit amper klaar is.
- Boerewors Ryg boerewors deur 'n sosatiestok met uie tussen in.
- Braai die wors oor die koeler deel van jou vuur / kole. So laat jy dit stadiger kook.
- Moet nie die vel prik dat die vet uitkook nie. Die wors moet juis gaar kook in die vet om sodoende die smaak te behou.
- Filet Laat 'n filet vir 'n paar uur in Cola Cola marineer voor jy dit braai. Braai dit oor vlamme en sorg net dat die kante seël.
- Groente Maak 'n sousie met gelyke hoeveelhede van balsemasyn, suiker en olyfolie en verf dit gereeld oor jou groente terwyl dit braai.
- Hoender Kook hoender in Coke voor jy dit braai of 20 minute in water. Dit maak dit sag en smaakvol.
- Kruie Gooi jou gunsteling kruid op die vuur vir 'n aangename reuk.
- Kruisstuk (Rump) Marineer jou kruisstuk (Rump) oornag in Sonneblomolie en Worcester-sous voor jy dit vinnig weerskante seël en dan verder braai soos jy dit verkies.
- Lam Vir ekstra geur gooi jy klam takkies roosmaryn of lourierblare in jou halfuitgebrande vuur waarop jy gaan lam braai.
- Mielies Maak 'n pasta van gemmer, rissie, olyfolie, heuning en sesamesaad en smeer oor mielies.
- Piesang Braai piesang in die skil. Haal af sodra die skil begin swart word en sit voor met room.
- Piesangblare Was 'n piesangblaar en vou 'n vis toe daarin. Stoom gaar op die braai, ± 45 minute. Probeer 'n pasta van gemmer, suurlemoensap en olyfolie op die vis.
- Rooster Indien jou vleis vassit op jou rooster, maak dit skoon met jou draadborsel terwyl dit nog warm is en smeer ui daaroor.
- Suurlemoensap Druk vars suurlemoensap oor hoender, groente, vis of lam net voor dit van die kole afkom vir 'n pikante smaak.
- Tjop Sprinkel suurlemoensap oor jou tjops voor jy dit braai. Dit maak dit sag.
- Laat jou tjops oornag in Coke lê. Die vleis is dan sag en smaakvol wanneer jy dit braai.
- Moet nie tjops sout voor jy dit braai nie. Dit maak dit taai.
- Varktjops Om die spek van varktjops lekker krakerig (crispy) te kry, strooi kort kort sout op die vet terwyk die tjops braai.
- Vleis Plaas die vleis wat reeds gebraai is op 'n bed gebraaide uie. Dit verhoed dat die vleis uitdroog en dit gee die vleis ekstra geur.
- Vlamme Sit ys op die vleis indien die vlamme te hoog brand.
- Plaas 'n koeldrankblikkie of bierblikkie ¾ gevul met water in die middel van jou kole. Dit verhoed dat vlamme, veroorsaak deur druppende vet, buite beheer raak.
- Vuuraanstekers 'n Alternatief tot vuuraanstekers is 'n die onderste helfte van 'n eierdoos gevul met ou kookolie. Plaas dit plat neer en bou jou vuur daarop.
- Wors Draai die wors om sodra jy kan sien die vet kook aan die binnekant. Moet nooit meer as tien minute aan 'n kant braai nie.
- Doop die wors in water voor jy dit braai. Dit verhoed dat die wors maklik oopbraai terwyl dit gebraai word.
(foto caffe)
No comments :
Post a Comment