Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/22/2008

Extra Virgin


Oftewel Extra Virgin: Amongst the Olive Groves of Liguria, deur Annie Hawes. Nie heeltemal 'n resepteboek nie, maar beslis 'n boek waarvoor elke smulpaap waardering sal hê.

Annie en haar sussie het 15 jaar gelede gaan blomme snoei op die Italiaanse platteland, en so verlief geraak op die area dat hulle dadelik ´n ou, vervalle pondokkie gekoop het.

Sy skryf van hul wedervaringe in die Liguriëse berge van noord-wes Italië - van die verstokte maar lojale oumense tot die dwelmverslaafde tieners.

Hawes beskryf ook die baie veranderings wat oor die 15 jaar plaasgevind het: destyds was olyfboerdery aan die uitsterf, niemand het in die vruggies belang gestel nie. Meeste van die boere daar het ´n sukkel-bestaan gevoer, en slegs genoeg olyfolie vir hul eie gebruik geproduseer.

Dit het natuurlik nou alles vernader, en ´n nuwe jong geslag olyfboere het teruggkeer na hul geboortegrond, terug van die Sodom en Gomorra van die Italiaanse stede, om weer boere te wees soos hul voorouers.

Tussendeur vertel Annie met smaak van die (aanvanklike) nuwe kossoorte wat die boorlinge van Engeland moes leer eet, en hoedat daar vir hulle gelag is omdat hulle na elke nuwe kos ´n luidrugtige Hmmmmm! laat hoor het. Pasta met vars olyfolie en stukkies growwe parmesaan, diepgebraaide murgpampoenblomme, varsgeplukte wolde sampioene in botter gebraai ... hmmmm

Die gesukkel met water, buite-toilette en veldbrande het egter later plek gemaak vir ´n diepe waardering vir die stukkie van Italië, en veral vir sy mense.

No comments :

Post a Comment