Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/04/2008

Lemoenkonfyt / Marmelade / Orange Jam

1 kg lemoene
growwe sout
2,5 liter water
1,25 kg suiker
20 ml suurlemoensap
4 cm vars gerasperde gemmer
die skil van ½ nartjie

Rasper die skil van die lemoene af met 'n fyn rasper en vryf die vrugte in met die sout. Laat staan vir 30 minute. Gooi kookwater oor die lemoene en laat staan tot die water afgekoel het, spoel af met koue water en week oornag in koue water. Maak 'n diep sny onder elke lemoen. Rol die lemoen terwyl jy saggies met jou hand daarop druk sodat die pitte uitkom. Plaas die lemoene in kookwater en kook vir 20 minute. Halveer die lemoene nou of los dit heel. Kook nou jou water en gooi dit saam met die suiker in 'n kastrol. Voeg die suurlemoensap, gemmer en nartjieskil by en bring tot kookpunt terwyl jy roer om die suiker op te los. Voeg die lemoene by en kook tot die stroop deurskynend is, ongeveer een uur. Skep die skuim af. Pak die lemoene in warm gesteriliseerde flesse, vul met die stroop en verseël dadelik.

(in halwes, genoeg vir sowat twee liter)


No comments :

Post a Comment