Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/04/2008

Skurwe Abrahams

650 g koekmeelblom
15 ml kremetart
12,5 ml sout
400 g suiker
250 g botter, by kamertemperatuur
250 ml karringmelk
10 ml koeksoda
1 eier

Voorverhit oond tot 200°C.

Smeer 'n rolkoekpan van 45x30x2cm of bespuit dit met kleefwerende middel.

Sif die koekmeelblom, kremetart en sout saam.
Voeg die suiker by en meng.
Vryf die botter of margarien met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is.
Meng 25 ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel.

Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25 ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel.
Meng goed tot 'n deeg.

Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op 'n meelbestrooide deegplank om 'n wors van 28 cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan.
Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite.
Bak hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak.

Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog op draadrakke in 'n koel oond uit.


resep: Rosa Fouché

No comments :

Post a Comment