Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/30/2008

Omelet / L'omelette brouillée / Omelette

Om 'n goeie, basiese omelet te maak het jy botter nodig en 3 eiers per persoon. En moet nooit probeer om 'n omelet te maak vir meer as 2 persone op 'n slag nie. Dit werk nie, tensy jy natuurlik 'n reuse pan het.

Die (vars!) eiers moet goed geklits word met die hand. Dit moet ook 'n knippie sout kry.

Smelt 'n groot stuk botter in 'n swaarboompan. Hou bietjie gesmelte botter eenkant om oor jou omelet te gooi.
Dit moet oor lae hitte gesmelt word – moenie dat die botter verbruin nie!

Gooi die eier by, terwyl jy die pan skud. Dit is om te sorg dat die eier nie vassit op een spesifieke plek in die pan nie. Draai die pan sodat die eier die hele bodem bedek. Hou aan met skud.

Na 'n paar minute sal jy sien dat die omelet begin stol. Lig die pan weg van jou en vou dit bietjie vir bietjie na onder - of skud dat dit omvou deur op die bo-punt van die pan se handvatsel te kap, maar dis baie moeilik.
Gly die omelet uit in die middelpunt van 'n bord wat jy skuins hou.

Indien jy die omelet net in die helfte vou is die eier geneig om uit te loop.


No comments :

Post a Comment