Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/15/2008

Oujongkêrels

Mens hoef natuurlik nie te wonder oor die verskil tussen Boerjongens en Oujongkêrels nie.

500 g pitlose rosyne
1 kaneelstokkie (dis mos nie net ouma wat in kaneel is nie)
210 g suiker
250 ml brandewyn
250 ml water

Bring die rosyne, kaneel, suiker en water tot kookpunt in 'n kastrol. Stel die hitte dan laer en prut stadig vir tien minute. Dreineer, maar hou die stroop. Gooi die rosyn in 'n gesteriliseerde fles en vul op met die helfte stroop en helfte brandewyn. Verseël en bêre op 'n koel, donker plek vir drie maande.

Bedien as nagereg met geklopte room of sit by 'n kaasbord.


(die resep maak een fles)

No comments :

Post a Comment