Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/15/2008

Mexikaanse bone / Mexican Beans

(bedien 4)

20 ml olyfolie
400 g chipolatas (of ander snoepwors)
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 rissie, gekap
2 ml fyn komyn
2 ml droë tiemie
1 groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie gebakte boontjies

Verhit die olie, en braai die wors tot bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie vir twee minute. Voeg die knoffel en rissie by en braai nog een minuut. Voeg die kruie en speserye, die soetrissie en die tamatie-en-uiemengsel by. Kook op lae hitte vir 20 minute. Roer die wors en bone by en prut vir nog tien minute. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Bedien in pitabrode met kaas, oor fynaartappels of oor jou gunsteling pasta.

No comments :

Post a Comment