Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/02/2008

Saganaki

Saganaki is 'n Griekse gereg wat gebakte feta in olyfolie is.

150 ml olyfolie
1 ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, fyn gekap
400 g feta, in skywe
4 knoffelhuisies, fyn gekap
vars gekapte pietersielie

Soteer die ui in 10 ml olie tot sag.

Voeg die soetrissie by en soteer tot die soetrissie sag is.

Plaas elke skyf feta in 'n afsonderlike oondbakkie en vul met die oorblywende olie.
Skep die gebraaide mengsel oor die feta en strooi knoffel oor.
Bak vir 10 minute teen 200ºC.

Strooi die pietersielie oor voor opdiening.

(bedien 4 persone)

No comments :

Post a Comment