Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/02/2008

Eetkompetisie

Frik Lombard

Eetkompetisies word deesdae gesien as die mees dinamiese sportsoort in die wêreld. Ja, julle het reg gelees dit word geag om ´n sport te wees. Daar word aangevoer dat die sport al sy ontstaan gehad het in die Neandertal-tydperk. Die rede wat hulle aanvoer is nogal komieklik. Hulle sê as daar 30 Neandertallers in ´n grot is en ´n arme haas hop in die grot in sal mens werklik sien wat kompetisie eet is.

Die sport word op groot skaal beoefen in Japan, Amerika, Kanada, Duitsland, Thailand Engeland, Skotland en Rusland. Daar is self ´n organisasie wat die sport beheer en reels neerle. Die organisasie word genoem IFOCE, International Federation of Competitive Eating.

IFOCE stel al die reels en regulasies op. En bo aan die lys is veiligheid. Geen persoon onder 18 word toegelaat om aan ´n eetkompetisie deel te neem nie. Die rede daarvoor kan ek verstaan as ek sien hoe eet my sewentienjarige seun ons uit die huis. IFOCE is seker bang dat die tienerseuns al die kompetisies gaan wen. Op ´n meer ernstige noot dit kan baie gevaarlik wees.

In Amerika is dié kompetisie om aan deel te neem die een wat op die 4de Julie elke jaar gehou word. Nathan's Restaurant in Coney Eiland hou die jaarlikse hot dog eet kompetisie. Die kompetisie begin stiptelik om 12 uur met 12 deelnemers en duur 12 minute. Die absolute wenner is nie ´n Amerikaner nie maar ´n Japanees wat 50 hot dogs geëet het in 12 minute.

As my wiskunde my nie in die steek laat nie is dit so ongeveer 1 hot dog elke 15 sekondes. As daardie broodrolletjies droog is gaan hulle maar sluk. Verder is ek ook net baie bly ek hoef nie vir hom kos te koop elke maand nie.

Van die rekords wat aangeteken is:

´n 3 Pond 3 onse Beestong heel op geëet in 12 minute.
Net onder die twee pond botter in 5 minute.
74 Hoender vlerkies, 2.65 pond vleis in 12 minute.
57 bees Brains, 17.7 pond, in 15 minute.
38 hardgekookte eiers in 12 minute.
11 ¼ pounder hamburgers in 10 minute. Sekerlik was dit nie McDonalds burgers nie.
152 Jalapenos Rissies in 15 Minute.
6 pond 9 onse kool in 9 minute.
4 32 onse bakke mayonnaise in 8 minute.
168 Oesters in 10 minute.

Vir my om sekere van die van die rekords te gaan probeer sal daar ´n sterk teenwoordigheid van alkohol moet wees, veral as ek kyk na die beesbrein eet.

No comments :

Post a Comment