Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/01/2008

Sout


Hoe maklik strooi ons nie sout nie. Sommer so met minagting uit 'n pot. Vergete van die tyd toe die soldate van ou Rome met sout beloon is vir hul dienste. Die woord salaris is afgelei van die latyns salarium, wat verwys na die betaling in sout wat die soldaat ontvang het. Vandag nog moet jy 'n lisensie hê om in Rome handel te dryf met sout

Die harde stof gee die karakteristieke smaak aan seewater en ons gebruik dit om 'n spesifieke smaak aan kos te gee. Jou liggaam kan nie sout vervaardig nie en ook nie daarsonder klaarkom nie.

En moet nie enige sout oor jou kos gooi nie. Vergeet van die chemiese konkoksies wat jy by die supermark koop. Weinige bobaas braaier gooi sommer enige vleis op die vuur. Hoekom dan jou kos bemors met swak sout?

Sout word verkry van sout mere wat opgedroog het of word gedistilleer uit die see. Die smaak van die sout sal dus afhang van minerale samestelling in 'n sekere gebied.

Kleur is normaalweg 'n aanduiding van kwaliteit met die spierwit soorte wat beter pryse behaal as hulle grys neefs en niggies.

- Swart sout het 'n bruin kleur en kom van Indië af.

- Keltiese sout word verdamp uit die vleie van Bretagne in Frankryk. Dit het 'n effe soet smaak.

- Fleur de Sel is voorheen gesien as die Champagne van sout en word verkry uit die vleie van Guérande in Frankryk.

- Gejodeerde sout is sout waarby jodium gevoeg is. Volgens wet moet alle sout wat geproduseer word in Suid-Afrika jodium bykry.

- Seesout word gedistilleer uit seewater en is gewoonlik mineraalryk.

- Sout wat in die Himalaja-gebergte geoes word is mineraalryk en het glo verskeie gesondheidsvoordele.

Hier is 'n paar aanbevelings:

- Gebruik enige swart sout uit Indië vir jou Indiese en Maleise geregte. Jy behoort dit by jou naaste speserywinkel te kry.

- Tidmon's kom van Spanje af. Uitstekend vir 'n sout nasmaak in geregte.
Maldon is na my mening die beste vir algemene gebruik. Die Engelse sout smelt stadig en het 'n ligte sodium smaak.

- Wat ek sal gebruik, indien dit in die handel beskikbaar was, is die Fleur de Sel-kwaliteit sout wat glo in Velddrif ontgin word. Blykbaar laat dit enige Franse sout op sy neus kyk. As hulle dit nou net aan ons wil verkoop!

No comments :

Post a Comment