Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2008

Avokado

Avokado´s het ´n vreeslik onuitspreekbare Latyns Amerikaanse naam waarvan die betekenis in die Afrikaans nie so goed klink nie. Avos is ongeveer 291 voor Christus in Mexiko ontdek. Vandaar het die Spanjaarde die vrug wat soos ´n groente proe na die Engelse geneem. So het die Avo oor die wêreld versprei.

Avokado´s word vir baie dinge gebruik. Die plaaslike Indiese bevolking maak ´n nagereg van die avo. Die avo word met suiker en melk verpulp. Die pulp word dan in die yskas geplaas. Die Taiwanese eet weer die avo met melk en suiker en die Indonesiërs gebruik die avo om ´n nagereg te maak met melk, koffie en rum. Vir die skoner geslag onder ons word die avo natuurlik ook gebruik as ´n gesigsmasker.

Ons almal weet dat die beste avo´s groen gekoop en dan self ryp gemaak word. Hierdie is van die beproefde metodes wat ek gehoor het:
Draai die avo toe in koerantpapier en plaas in ´n warm plek waar daar nie direkte sonlig is nie.
´n Volgende manier is om avos in ´n bruin papiersak te sit en dan die papiersak in ´n donker plek te plaas.
´n Ander manier is om avo´s sommer net so in die oond se warm laai te sit.

Van die plaaslike swart stamme plaas hulle avo´s in meel om ryp te word. Die meel verskaf natuurlik donkerte en hitte wat die avo dan lekker sag en ryp maak.

Sowat twee maande gelede koop my vrou so ´n paar en draai dit toe in koerantpapier. Sy sit dit toe in die stoompot. So ses weke later haal ek die stoompot uit en sien toe snaakse goed daarin. Dit was definitief nie meer avos gewees nie. So as u dit bêre onthou net om gereeld daarna te kyk.

Avo´s is nie net lekker om op verskeie maniere te eet nie maar het ook ´n paar ander voordele. Hulle is ryk aan vitamiene E. Soos die gesondheidsbewustes weet is vitamiene E ´n sterk anti-oksidant. Goeie dosisse vitamiene E help om die risiko van kanker en hartsiektes te verminder. Avo´s het ook ´n goeie hoeveelheid vitamiene C.

Omdat daar soveel vitamiene E in avo´s is maak dit ook ´n goeie gesigsmasker wat die vel voed. Vir ´n maklike en vinnige gesigsmasker, neem ´n ¼ koppie verpulpte Avo en suurroom, meng dit goed en smeer aan die nek en gesig. Laat staan vir 15 minute. Spoel die masker af met lou water. Die volgende stap is om die gesig te masseer om al daardie wonderlike olie in jou vel te kry.

Avokado is ook natuurlik die hoofbestanddeel in die beroemde en berugte guacamole. Daar bestaan natuurlik ook baie verskillende guacamole resepte. Maar die basiese resep is avos, ´n Rooi ui, 2 Jalapenos , slaaiblare, lemmetjiesap en sout en peper.

Vir my is die avo op sy lekkerste wanneer ek hom oopsny, dit pit uithaal en dan sout en peper oorgooi met suurlemoensap of asyn. Dan eet ek hom net so uit die skil uit. Op watter manier ookal hy geëet word of ryp gemaak word, ´n avo bly maar lekker. Naas tamaties dink ek dat avos die gesondste en lekkerste vrug is.

Op watter snaakse manier eet u of maak u u avos ryp? Laat weet my asseblief.

Kook-groete van huis tot huis.

deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment