Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2008

Die lekkerste lekker

Wat is die lekkerste lekker? Dit verskil van persoon tot persoon, maar daar is vir elke siel daardie iets waarvoor hulle hul eersgeboortereg sal verruil.

En as jy dan later kulinêre lugkastele daaroor bou of vir ander mense liries probeer beskryf wat dit dan juis so besonders gemaak het, kan jy die gereg op die tong proe ...

Die lekkerste lekker is nie net nog 'n kookboek nie, dis 'n ode aan alle smulpape en lekkerbekke - die mense wat weet dat eet nie net oor oorlewing gaan nie en dat lekker kos nie net 'n toevallige gebeurtenis is nie. Die boek het almal wat daarby betrokke was aan die dink gekry. En op die ou einde het elkeen met ten minste twee of drie nostalgiese kosstaaltjies en lank verlore resepte vorendag gekom.

No comments :

Post a Comment