Biscotti is baie gewilde Italiaanse koekies.
(resep vir ± 50)
250 g botter 100 g okkerneute
200 g verglansde sitrusskil, gekap
150 g kersies
150 g verglansde groenvye, gekap
250 ml olyfolie
200 g strooisuiker
3 eiers, geklits
5 ml vanieljegeursel
450 g koekmeelblom
5 ml bakpoeier
Meng die neute, skil, kersies en vye. Klits die olie, suiker, eiers en vanielje tot glad. Voeg by die vrugtemengsel. Sif die meelblom en bakpoeier en voeg by mengsel. Roer tot dit ´n deeg vorm. Verdeel die deeg in 4 en rol elk uit tot 4 x 28 cm. Plaas op ´n gesmeerde bakplaat en bak teen 160ºC vir 25 minute. Koel af vir 10 minute. Sny elke rol in 1,5 cm dik skyfies en pak op ´n skoon bakplaat. Bak vir nog 15 minute. Bewaar in lugdigte houers.
Bedien saam met koffie of dessertwyn.

(foto Jocelyn McAuliflower)
250g botter ...waneer gebruik jy dit of word dit vervang met 250g olie????
ReplyDelete