Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/22/2008

Coca-Cola

Daar is seker nog nie een mens in die hele wye wêreld wat nie van Coca-Cola gehoor het nie. Die geld wat Coca-Cola spandeer aan advertensies kan ´n Afrika land of twee aan die gang hou. Daar is ook so baie urban Legends oor Coke. ´n Mens weet nie meer wat die waarheid is nie. So ek het gaan ondersoek instel na waar kom die gesogte drankie vandaan.

In 1886 het Dr John Stythe Pemberton het eendag sy eie tonikum aangemaak wat ´n mens se brein en senuweestelsel moes gehelp het om beter te funksioneer. In die tonikum het hy ´n Afrika Kolaneut se ekstrak geneem asook kakao blare. Albei hierdie bestanddele is sterk stimulante. Dr. Pemberton se vennoot ´n boekhouer genaamd Frank M Robinson het die tonikum genoem Coca-Cola.

Dr Pemberton is toe met sy stroop hier onder die arm af na Jacobs se apteek toe. Die apteker het die dik bruin stroop met water gemeng en toe aan die mense verkoop vir ´n paar sente. Eendag het ´n kliënt in die apteek ingekom en vir die apteker gevra om vir hom ´n drankie aan te maak maar dat hy nie gewone water moet gebruik nie maar eerder sodawater. En net daar is Coca-Cola gebore.

Dr. Pemberton het nie vreeslik baie geld met sy Coke gemaak nie. Vyf jaar na sy uitvinding het die Dok sy maatskappy verkoop aan ´n Asa G Candler. In 1893 het die man Coca-Cola gepatenteer. Die res is geskiedenis. Coke word vandag in oor die 200 lande verkoop. Coke het so ´n ryk geskiedenis en bekende handelsnaam en ek glo dit is een van die bekendste produkte ter wêreld.

Coke is ook in die geskiedenis van die mens ingeweef. Daar is letterlik duisende stories oor Coke en sy invloed op die mens. Die een man skryf dat hy en vriendin onder die maan en sterre gesit het en Coke drink het. Net daar het hy toe so begeesterd geraak en haar gevra om met hom te trou.

´n Ander man vertel dat die mooi vrou verby hom geloop het en ´n bottel Coke gedrink het. Sy het verby hom geloop en gestruikel en al haar Coke op sy nuwe klere gemors. Vandag is hulle nog ´n hele paar jaar gelukkig getroud.

Dit is nie net met die liefdeslewe waar Coke mense bymekaar kry nie, maar ook in al die oorloë wat die moderne wêreld al gesien het. Van die tweede wêreld oorlog tot in met die oorlog in Afghanistan het soldate stories te vertel rondom Coke. Soldate wat moeg en uitgeput is na ure se patrollies wat afkom op ´n klein winkeltjie in die middel van nerens wat koue Coke verkoop.

Coke is nie net ´n tonikum, of heerlike drankie nie maar daar kan baie ander dinge daarmee gedoen word en ek gee so ´n paar wenke hier:

· Gooi ´n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir ´n uur. Spoel die toiler en jy sit met ´n sprankel skoon toilet.
· Waneer jou motorbattery aangepak is neem net Coke en gooi dit oor die terminale. Die Coke sal die terminale skoonvreet.
· Wanneer jy sukkel om ´n geroeste skroef los te draai. Gooi Coke op ´n lappie en hou die lappie teen die skroef vir ´n paar minute.
· ´n Heerlike manier om ´n varkboud gaar te maak is om ´n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie. Bak die vark boud tot net so ´n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur. Die sous van die varkboud en die coke meng dan om ´n heerlike sous te maak.
· Om vetkolle van klere te verwyder moet jy ´n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal. Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.

Jare gelede toe die jong mans nog grensdiens gaan doen het, het ´n blikkie Coke 25 sent gekos en ´n bier 20 sent. Weens ekonomiese redes het die soldate daardie tyd eerder bier as Coke gedrink. ´n Kas bier het slegs R 4.80 gekos terwyl ´n kas Coke R6.00 gekos het.

Daar is veral manne wat beweer dit is nie die Brandewyn wat jou siek maak nie maar wel die Coke. Gesond of nie, lekker of sleg Coke is ´n deel van ons lewens en ons kultuur. Geniet jou Coke en onthou maar soos alles matigheid voor oë.


deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment